Die publiek word versoek om nie op die strand tussen Groot-Brakrivier en Hersham te stap terwyl die Mosselbaai-munisipaliteit se omgewingspan besig is om ‘n walviskarkas te verwyder nie.
Die strand is gesluit en is baie olierig as gevolg van die ontbindingsproses.
Die olierigheid sal ‘n langdurige stank veroorsaak op voete, skoene of enigiets waaraan dit raak.
Die terrein waar die walviskarkas verwyder word, is afgesper.
Die verwydering het vanoggend om 08:30 begin. Die publiek sal ingelig word sodra die strand heropen word.