Die 19-jarige SA o.20-sokkerkaptein, Oshwin Andries, is Saterdagaand oorlede nadat hy met ‘n mes aangeval is.
Kaptein Nowonga Sukwana, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, het Maandagoggend aan AfriNUUS bevestig dat die sokkerster in die hospitaal oorlede is, nadat sy familie hom na die hospitaal geneem het.
Hy is vir ‘n steekwond behandel en ontslaan en toe het sy familie hom Saterdagaand weer hospitaal toe geneem waar hy oorlede is.
Omstandighede rondom sy mesaanval word nog ondersoek.
Geen arrestasie is nog gemaak nie.
Hy het vir die Stellenbosch-sokkerklub (SFC) uitgedraf.
Foto: Facebook