Volgens die United Stated Geological Survey (USGC) het die aardbewing – ‘n stewige 7,8 op die Richterskaal – Maandagoggend om 03:17 in die suid evan Turkye plaasgevind.
Die aardbewing se diepte is 24,1 kilometer, geleë 23 kilometer oos van Nurdagi, in die Gaziantep-provinsie.
Daar was berigte van skuddings wat in Libanon, Griekeland, Sirië, Israel en Ciprus gevoel is.
Turkse owerhede het nog geen sterftes of beserings aangemeld nie, maar video’s wat op sosiale media geplaas is, wys verwoeste geboue in verskeie stede in die suidooste van die land.