Nege mense is vanoggend beseer toe ’n bakkie en twee ligte motorvoertuie op Polkadraaipad in Stellenbosch gebots het.
ER24 en ander nooddienste het om 07:h45 op die toneel aangekom om die drie voertuie op die pad te vind. Verskeie pasiënte het langs die pad gesit.
Medici het die pasiënte beoordeel en gevind dat nege volwassenes geringe tot matige beserings opgedoen het. Gelukkig is geen ernstige beserings of sterftes gevind nie.
Die pasiënte is behandel en later na nabygeleë provinsiale hospitale vervoer vir verdere sorg.
Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.