Andries Mokoena Mahapa, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW), het bevestig dat president Cyril Ramaphosa se vliegtuig Maandag tegniese probleme ondervind het nadat dit vanaf die Waterkloof-lugmagbasis in Gauteng opgestyg het.
President Cyril Ramaphosa is tans onderweg na die Kaapstadse stadsaal vir die staatsrede wat om 19:00 plaasvind.
AfriNUUS het uitgereik na Vincent Magwenya, Ramaphosa se woordvoerder, vir meer inligting.