Sersant Maurice Nkhwashu, kommunikasiebeampte van die SAPD in Tzaneen, het aan AfriNUUS bevestig dat ’n 15-jarige tienermeisie na bewering op Vrydag, 10 Februarie, om 02:55 in die Leretjeni-dorpie in haar kamer geslaap het toe sy skielik ’n hand van ’n man om haar mond gevoel het wat haar met ’n vuurwapen en ’n byl gedreig het.
Die aanvaller het gedreig om haar pa te skiet as sy dit sou waag om te skree.
Daar word verder beweer dat sy na die straat geneem is waar sy deur die gewapende verdagte verkrag is.
’n Saak van verkragting is geopen en die polisie is op die uitkyk vir die gewapende verdagte.
Dit volg terwyl ’n 10-jarige seun Saterdag, 18 Februarie, volgens SABC News by die Mohlava-dorpie buite Tzaneen in Limpopo ontvoer en verkrag is.
Die seun is glo op die genoemde dag naby sy huis ontvoer en na nabygeleë bosse geneem. Hy is later deur ’n verbyganger ontdek met kneusplekke oor sy hele lyf.
’n 32-jarige man is deur die gemeenskap aangekeer en aangerand. Hy is later aan die polisie oorhandig.
LEES OOK: