Lughawensmaatskappy Suid-Afrika (Acsa) het pas bevestig dat dit ’n kennisgewing ontvang het van ’n beweerde bom aan boord van ’n Singapoer-lugredery, SQ 478, op Dinsdagoggend, 14 Maart 2023.
“Die vliegtuig het by O.R. Tambo Internasionale Lughawe geland en is steeds op die grond,” lui ’n verklaring deur Acsa.
Nooddienste is saam met brand- en reddingsdienste en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) geaktiveer.
Om ongeveer 11:39 is die vliegtuig deur die SAPD veilig verklaar, nadat ondersoek deur K9-eenhede voltooi is.
“As Acsa sal ons voortgaan om vinnig op te tree om die veiligheid van al ons passasiers te prioritiseer.”