Wêreldatletiek het transgendervroue verbied om in die vrouekategorie by internasionale byeenkomste deel te neem.
Die beheerliggaam se president, Lord Coe, het gesê geen transgender-atleet wat deur manlike puberteit gegaan het, sal toegelaat word om vanaf 31 Maart aan vroulike wêreldranglyskompetisies deel te neem nie.
’n Werkgroep sal saamgestel word om verdere navorsing oor die transgender-geskiktheidsriglyne te doen, berig BBC.
“Ons sê nie vir altyd nee nie,” het hy gesê. Lord Coe het bygevoeg die besluit is “gelei deur die oorkoepelende beginsel wat bestaan om die vroulike kategorie te beskerm”.