Nedbank se hoof van korporatiewe kommunikasie, Annaleigh Vallie, het Vrydag bevestig dat sowat 41 000 selfoonnommers deur kuberkrakers van Nedbank gesteel is.
Dit is per e-pos aan kliënte van Nedbank gekommunikeer.
“Hierdie identiteitsnommers was reeds in die aanvallers se besit en van eksterne bronne verkry.
“Geen Nedbank-stelsels of kliënterekeninge is as gevolg van hierdie voorval gekompromitteer nie. Die aanvallers het egter daarin geslaag om deur die aanval sowat 41 000 Nedbank-kliënt-selfoonnommers wat aan die ID-nommers gekoppel is, te kry.”
“Toe ons van die voorval bewus geword het, is die inskrywingsfunksie op die Nedbank MoneyApp-kanaal onmiddellik gedeaktiveer, as ’n voorkomende maatreël.”