Die Sizwe Kupelo-stigting het ’n petisie aan Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, oorhandig om die ras van pitbull-honde permanent te verbied.
Die departement het vandeesweek ’n petisie met meer as 139 000 handtekeninge ontvang wat ’n verbod op putbull-honde as huisdiere versoek.
Didiza het aangedui dat die departement ook saam met die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling werk om die Wysigingswet op Diereaangeleenthede van 1993 te wysig.
Dit is om te verseker dat burgers teen skade beskerm word en dat eienaars van sulke diere aanspreeklik gehou word vir skade wat deur dié honde en ander diere veroorsaak word.
Die departement het gesê hierdie oefening sal ook aggressiegedrag ondersoek en sal help om die pitbull-honde en die ras te identifiseer wat deur onoordeelkundige kruisteling geteel kan word.
Die departement het gesê sleutelrolspelers in die private sektor, naamlik die Pit Bull Federation of South Africa en die Centre of Applied Pet Ethology International, het hande gevat met die departement om ’n gesamentlike taakspan te vorm om kort-, medium- en langtermyn praktiese benaderings te vind om die veiligheid van alle mense wat saam met pitbulls en pitbull-tipe honde woon te bevorder en om beserings en lewensverlies op alle fronte te verminder en te voorkom.
“Die departement is daartoe verbind om saam met alle ander relevante belanghebbendes saam te werk om te verseker dat hierdie kwessie tot die bevrediging van alle betrokkenes aangespreek word, veral om te verseker dat alle burgers veilig is teen enige skade wat deur honde en ander huisdiere veroorsaak word,” het sy gesê.
DOC-20230411-WA0026._compressed-2