Die provinsiale kommissaris van die polisie in Gauteng, luitenant-generaal Elias Mawela, het hulpbronne gemobiliseer ná die grusame moord op twee kinders van vyf en ses jaar in Soweto.
Die kinders se lyke is opgekap in verskeie dele van Soweto gevind. AfriNUUS verneem dat die seuns se geslagsdele, kop en ander liggaamsdele afgesny en op ander plekke gestort is.
Op die aand van 19 April 2023 is die twee seuns by die Moroka-polisiestasie as vermis aangemeld. ’n Soekspan wat alle relevante belanghebbendes betrek, insluitend die soek-en-reddingseenheid, is geaktiveer. Vanoggend is die lewelose liggame van die kinders vermink gevind. Een is in White City ontdek, terwyl die ander later in Rockville ontdek is.
Luitenant-generaal Elias Mawela het hierdie gru-moorde in die sterkste moontlike terme veroordeel. “Dit is so ontnugterend en skandelik om te sien dat sulke klein onskuldige lewens op hierdie afskuwelike manier verlore gaan. Dit kan nie wees dat niemand niks gesien of gehoor het nie. Ons doen ’n beroep op enigiemand wat dalk inligting oor hierdie voorval het om dit asseblief by die polisie aan te meld.” het lt genl Mawela bygevoeg.
Mense met inligting is gevra om die polisie se Stop Misdaadnommer by 0860 10111 te kontak.
VOLG DIE REGSTREEKSE DEKKING HIER: