Panyaza Lesufi, Gautengse premier, het saam met LUR vir onderwys, Matome Chiloane en LUR vir gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, die bedroefde families van die twee leerders (5 jaar oud en 6 jaar oud) van die Laerskool Isiseko in Soweto op Donderdag, 20 April 2023 besoek na aanleiding van ’n grusame voorval wat Woensdag plaasgevind het waar die leerders ontvoer en daarna vermoor is.
Volgens berigte het die onderwysdistrikskantoor in Soweto op Donderdag, 20 April 2023 ’n boodskap ontvang waarin beweer word dat leerders van die Laerskool Isiseko ontvoer en daarna vermoor is.
Die drie seunsleerders (twee graad 1-leerders en een graad R-leerder) is omstreeks 07:30 op Woensdag, 19 April 2023 ontvoer. Twee van die seuns is dood en een het oorleef.
Die skoolhoof het, vergesel van polisiedienste, na die toneel gegaan waar die leerders se lyke deur gemeenskapspatrolleerders gevind is en die leerders se identiteit bevestig. Polisiedienste is op soek na die oortreders van hierdie grusame daad.
Premier Lesufi het die kultuur van wetteloosheid wat in die samelewing bestaan veroordeel en beklemtoon dat polisiehulpbronne nie gespaar sal word om die oortreders op te spoor nie.
“Wat in hierdie gemeenskap gebeur het, is iets wat nie geduld moet word nie. Ons probeer om die redes agter hierdie voorval vas te stel en ons het geen ander keuse as om staatshulpbronne wat ons tot ons beskikking het, te gebruk om te verseker dat die polisie alles in hul vermoë doen om te verstaan hoekom hierdie mense so optree.”
Premier Lesufi het ook sy dank teenoor die gemeenskap uitgespreek vir hul bystand, en die Gautengse provinsiale regering se ondersteuning aan die bedroefde families bevestig.
LEES ONS VORIGE BERIG HIER: