Wêreldrugby het ’n beleid ingestel om vanaf 2025 mense wat kleurblind is te akkommodeer, deur rugbyspanne te beperk om óf wit óf donker truie te dra tydens rugbywedstryde.
Die Wallabies het ingestem om ’n wit trui teen Portugal by die Wêreldbeker-rugbytoernooi te dra, en sal dalk in die toekoms nie goud teen sekere nasies moet dra nie, as deel van ’n omstrede nuwe Wêreldrugby-beleid om ondersteuners wat kleurblind is, te akkommodeer.
AfriNUUS verneem dat die Springbokke dalk wittruie sal dra met wedstryde.
Wêreldrugby het in 2021 ’n nuwe beleid voorgestel waar hulle sal poog om die lewe makliker te maak vir mense wat kleurblind (CVD) is, deur spanne te laat truikleure verander wanneer dit problematies is vir CVD-lyers, soos bv. rooi en groen.