Die LUR vir Onderwys in Noordwes, Viola Motsumi, het op Maandag, 24 April 2023, die John Frylinck Sekondêre Skool besoek om bendegeweld in die kiem te smoor, aangesien bewerings van bendegeweld by die skool toeneem.
Die departement het Vrydag berigte ontvang dat die skool vir twee dae nie aan die gang is nie weens leerders wat gevaarlike wapens skool toe dra met die bedoeling om bendeverwante misdade te veroorsaak.
LUR Motsumi het ’n sterk boodskap van veroordeling teenoor hierdie barbaarse daad oorgedra.
“Ons sal nie deur leerders in skole geboelie word nie. Geen onderwyser of leerder moet bang wees om skool toe te kom nie as gevolg van sekere leerders wat hul eiesinnige gedrag teenoor ander wil dra. Die demokrasie wat ons het, moet deur almal gehoorsaam word. Niemand is bo die wet verhewe nie.
“Ek het ons eksterne belanghebbendes soos die Suid-Afrikaanse Polisiedienste, wyksraadslede en SBL’e ingespan om hierdie skool gereeld te besoek. Die willekeurig deursoeking en beslaglegging sal aan die orde van die dag wees en bendeleiers wat ons kinders gebruik, moet ter sprake gebring word”, het Motsumi uitgespreek.