Deur Conette le Roux (LiG)
Madelein Rust sê dankie dat sy terminale kanker gekry het. Want, vertel sy, toe sy moes begin leer om haar sterflikheid in die oë te kyk, het minstens drie kosbare lesse vir haar ’n werklikheid geword:
* Die lewe is ontsaglik kort.
* Jy weet dalk nie wanneer nie, maar jy gaan vir seker sterf.
* As jy elke dag leef asof dit jou laaste dag is, sal jy dieper liefhê. Sal jy besef die probleme wat jy gister as onoorkomelik beskou het, eintlik niks is nie. Sal jy gouer vergewe en die mooi in die lewe meer waardeer.
Klik hier om die volledige berig op LiG se webtuiste te lees.