KYK: ’n Video wat wys hoe ’n vlieënde voorwerp naby die koepel van die Kremlin-senaatgebou ontplof
Dmitri Medwedef, oudpresident en adjunkhoof van Rusland se veiligheidsraad en ’n bondgenoot van pres. Wladimir Poetin, het Woensdag in ’n plasing op sosiale media gesê dat ’n beweerde hommeltuigaanval gisteraand op die Kremlin Moskou met geen ander opsies gelaat het as om die Oekraïnse president Volodymyr Zelenskyy en sy “kliek” in Kiëf “uit te skakel” nie.
Zelenskyy het ontken dat Kiëf agter die voorval was, wat volgens die Kremlin ’n aanslag op president Wladimir Poetin se lewe was, maar nie tot enige beseerdes gelei het nie.
“Ons val nie Poetin of Moskou aan nie. Ons veg voort op ons grondgebied. Ons verdedig ons dorpe en stede,” het hy gesê tydens 'n besoek aan Finland.
Rusland het Woensdag gesê hy het twee hommeltuie afgeskiet wat op president Wladimir Poetin se woning in die Kremlin gerig is in wat hy ’n Oekraïense “terroriste”-sluipmoordpoging genoem het.
Ten spyte van die aansprake, het Kiëf gesê dit het “niks te doen” met die beweerde aanval nie, wat daarop dui dat dit deur Moskou “opgevoer” is, terwyl die VSA gesê het die verslag moet met ’n knippie sout geneem word.
“Ná vandag se terreuraanval is daar geen opsies as die fisieke uitskakeling van Zelenskyy en sy kabaal nie,” het Medwedef gesê.
Moskou se burgemeester het Woensdag 'n verbod op ongemagtigde hommeltuigvlugte oor die stad aangekondig.
Dit kom ten spyte van Moskou se oorlog wat hy in die Oekraïne voer.
'n Oekraïense presidensiële adviseur het aan die BBC-nuusdiens gesê die voorval dui daarop dat Rusland 'n “grootskaalse terreurvoorval” in die Oekraïne kan voorberei.
Medwedef het tussen 2008 en 2012 as die president van Rusland gedien en tussen 2012 en 2020 as die eerste minister van Rusland. Medwedef dien sedert 2020 as die adjunkhoof van die Veiligheidsraad van Rusland.
LEES OOK: