Woolworths het ’n ondersoek van stapel gestuur nadat ’n koper by ‘n Woolworths-winkel in Kaapstad ’n muis in ’n pak hoender opgemerk het en dit op kamera vasgevang het.
Die video is gedeel met die klankgreep van Ratatouille.
Nadat die plasing op Twitter gesien is, het Woolworths gereageer:
“Ons het ’n in-diepte ondersoek na die voorval van stapel gestuur. Senior bestuur het die winkel besoek om die situasie te assesseer en ’n onafhanklike ouditeur sal ons bevindinge verifieer. Tans word die winkel ontsmet. Ons waardes lê in ons verbintenis tot die welstand van ons kliënte en mense. Jou vertroue in Woolworths is uiters belangrik en ons neem elke maatreël om te verseker dat dit nooit weer gebeur nie.”
Die koper het later ‘n opdatering oor die situasie op TikTok gedeel. Sy het verduidelik dat sy die video geneem en gedeel het omdat niemand haar sou glo nie, aangesien dit Woolworths is.