Die Nasionale Vereniging van Skoolbeheerliggame (NASGB) dring daarop aan dat ouers groter beheer moet neem oor wat hul kinders saamneem skool toe.
Die vereniging het op 702 gevra vir ’n verbod op die PRIME Hydration-drankie in skole, en beweer dat sodra leerlinge dit verteer het, hul gedrag verander.
Die gewilde drankie het vroeër vandeesmaand vir R40 per bottel by Checkers verkoop.