Minister Mondli Gungubele het by navraag oor die koste van data en datadekking gesê dat Suid-Afrika die duurste mobiele data in die streek het en die 34ste plek uit 47 lande in die Research ICT Africa Mobile Pricing (RAMP) beklee.
Volgens die Minister het slegs 77,5% van alle huishoudings toegang tot die internet in een of ander basiese vorm. Die kriteria vir hierdie studie vereis egter net dat een persoon in ’n hele huishouding een of ander basiese vorm van toegang moet hê vir daardie huishouding om getel te word. Miljoene Suid-Afrikaners sit dus steeds sonder enige vorm van internet.
“Dit word vererger deur die feit dat Suid-Afrika op nommer 34 uit 47 lande in Afrika is wat datapryse betref. Wat dit beteken, is dat selfs waar gewone Suid-Afrikaners toegang tot die internet het, datapryse dit heeltemal onhaalbaar maak om enige groot voordele te trek,” het Tsholofelo Bodlani, DA skadu-adjunkminister van kommunikasie en tegnologie, gesê.
Verlede maand het die DA onthul dat die minister se regulasies tot die Wet op Elektroniese Kommunikasie, wat vereis dat enige entiteit wat aansoek wil doen vir radiofrekwensiespektrum, individuele elektroniese kommunikasienetwerkdiens (I-ECNS) en ’n individuele elektroniese kommunikasiediens (I-ECS) lisensie, ten minste 30% aandeeleienaarskap moet hê wat gehou word deur persone uit histories benadeelde groepe.
“SEB-regulasies soos hierdie help nie werklike benadeelde groepe nie, maar bevoordeel eerder ANC-kaders. Dit is regulasies soos hierdie wat internasionale en plaaslike telekommunikasiemaatskappye verhoed om in Suid-Afrika, en deur assosiasie, sy opleiding en toekoms te belê, en is die rede waarom slegs (minstens) een persoon uit 77,5% van huishoudings een of ander basiese vorm van internettoegang het,” het Bodlani bygevoeg.
Suid-Afrika het ’n armoede- en werkloosheidspandemie, veral onder sy jeugdiges, en om voort te gaan om tegnologiese beleggings in hierdie land te blokkeer vir die blote feit dat ’n maatskappy nie 30% deur ANC-kaders besit word nie, is misdadig.
“Die DA doen ’n beroep op minister Gungubele om hierdie regulasies van vordering en oop lisensiëring te skrap aan enige persoon of entiteit wat bekwaam en opgewasse is vir die taak,” het Bodlani gesê.