Voortgesette gewelddadige ontwrigtings, afbranding van geboue en moedswillige aanvalle op institusionele infrastruktuur, het universiteitsbestuur van die Kaapse Skiereiland-Universiteit van Tegnologie genoop om alle kampusse onbepaald te sluit.
“Onbeheersde studente, wat in slegte trou optree, met die uitsluitlike doel om die universiteit wanfunksioneel te maak, het die nestuur geen ander keuse gelaat as om vinnig en beslissend op te tree nie. Die veiligheid van personeel en studente is ons primêre bekommernis op hierdie stadium,” lui ’n verklaring deur die universiteit.
Alle bedrywighede, insluitend alle akademiese aktiwiteite, sal met onmiddellike effek gestaak word.
Alle koshuise moet teen Vrydag, 12 Mei 2023, om 16:00 ontruim wees.
Vervoer na sleutelareas vir studente wat in ander provinsies woon, sal voorsien word.