Pieter Boone, uitvoerende hoof van Pick n Pay, sê luidens 'n berig deur Daily Investor dat dele van die land reeds fase 8-beurtkrag ervaar, wat voedselvoorsiening beïnvloed en ’n tekort aan water skep.
Boone het met Michael Avery op Classic Business gepraat oor die maatskappy se finansiële resultate vir die jaar wat op 26 Februarie 2023 geëindig het.
Een van die grootste uitdagings vir Pick n Pay is gereelde kragonderbrekings wat hom noop om meer in kragopwekkers en diesel te belê.
Pick n Pay het R522 miljoen aan diesel bestee om kragopwekkers in die 2023-boekjaar te laat loop. Weens verskerpte kragonderbrekings bestee hy nou sowat R60 miljoen per maand aan diesel.