Die Kanadese popster The Weeknd het teruggekeer na sy geboortenaam Abel Tesfaye op sy sosiale media-rekeninge.
Die sanger, bekend vir sy treffers soos Blinding Lights, het in April sy aanhangers op Twitter gevra of hy die verandering moet maak.
“ABEL formeel bekend as The Weeknd?” het hy sy aanhangers gevra in ’n twiet wat meer as 100 000 likes gekry het.
Die naamsverandering kom nadat die bekroonde kunstenaar aan W Magazine onthul het dat hy The Weeknd wou “doodmaak”.
“Ek gaan nou deur ’n katartiese pad,” het hy gesê. “Dit kom by ’n plek en tyd waar ek gereed maak om The Weeknd-hoofstuk af te sluit.”
Hy het aan W Magazine gesê: “As The Weeknd het ek alles gesê wat ek kan sê.” Hy het bygevoeg dat sy volgende album waarskynlik sy “laaste hoera” onder daardie naam sou wees.
- Daily Mail, W Magazine