Die uitvoerende hoof van OpenAI, Sam Altman, antwoord tans vrae oor Kunsmatige Intelligensie (KI) tydens ’n verhoor in die Amerikaanse Senaat. Dit sluit moontlike gevare en bedreigings vir die mensdom in.
Die maatskappy het die app ChatGPT geskep, wat opstelle, skrifte en gedigte kan skryf en rekenaarkodering op ’n mensagtige manier kan oplos.
Politici sal antwoorde soek oor enige potensiële bedreigings wat KI inhou en of dit deur die regering gereguleer moet word.
Altman sal na verwagting vra vir die regulering van die tegnologie soos hy vir die eerste keer in die Kongres getuig.
Verskeie kenners insluitend dr Geoffrey Hinton, die sogenaamde peetvader van KI, het onlangs kommer uitgespreek oor die vinnig ontwikkelende tegnologie.
Daar is ‘n paar terme waarna getuies sal aanhou terugkeer tydens vandag se verhoor, volgens die BBC:
- KI, of kunsmatige intelligensie, laat rekenaars en stelsels toe om op ‘n meer menslike manier te “dink”. KI gebruik probleemoplossingsvaardighede gebaseer op inligting wat dit verkry.
- OpenAI is die maatskappy agter ChatGPT, dit is in 2015 gestig met $1 miljard se ondersteuning van Silicon Valley-beleggers.
- ChatGPT is die kern van vandag se verhoor by die Senaat. Die KI-kletsbot gee gebruikers gedetailleerde en konteks-sensitiewe antwoorde op navrae.
- GPT-4 is die nuwe weergawe van ChatGPT. GPT-4, wat in Maart aangekondig is, kan beelde herken en verduidelik – deur byvoorbeeld voorstelle uit foto’s van bestanddele te verskaf.
VOLG REGSTREEKS: