Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, sê hy het steun getoon aan die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, toe hy verlede jaar vergiftig is.
Gordhan sê hy het die gesin by hul strandhuis in Hermanus besoek ná die sianiedvergiftigingsvoorval.
Volgens Gordhan is die voormalige uitvoerende hoof van Eskom nie 'n fluitjieblaser nie. Gordhan het beklemtoon dat hy nie korrupsie sal fasiliteer of 'n blinde oog op korrupsie sal plaas nie.
Gordhan sê ook hy was geskok toe hy in Februarie die TV-onderhoud van de Ruyter gehoor het.
Gordhan het ook ontken dat hy enige kennis dra van 'n private intelligensie-ondersoek na korrupsie by Eskom.
Dit volg nadat Gordhan vandag in die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) verskyn het. Gordhan het voor Skoor verskyn oor de Ruyter se bewerings van korrupsie, diefstal, wanadministrasie, sabotasie, gebrek aan gevolgbestuur, kartelle en ander finansiële onreëlmatighede by die kragreus.
Andy Mothibi, hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE), het die parlement verseker dat hulle na die feite en omstandighede rondom private intelligensie-ondersoeke wat verband hou met bedrog en korrupsie by Eskom sal ondersoek.
Mkhuleko Hlengwa, voorsitter van die Parlement se staande komitee oor openbare rekeninge, het 'n beroep gedoen op Gordhan om die private intelligensieverslag oor Eskom in die belang van nasionale veiligheid in die hande te kry.