’n 39-jarige vermeende polisiemoordenaar is in hegtenis geneem in ’n gesamentlike klopjag deur die Valke se ernstige ondersoekeenheid in Secunda en Secunda se K9-eenheid.
“Hierdie verdagte word na bewering verbind met die wrede aanval en moord op die vermoorde polisiebeampte, Langelihle Hlatshwayo, wat deur onbekende verdagtes geskiet is toe hy sy huis binnegegaan het. Die slagoffer is in ’n kritieke toestand na ’n provinsiale hospitaal in Piet Retief en later na Trichardt Medi Clinic vervoer vir behandeling. Die polisielid het later aan sy beserings beswyk,” het kolonel Katlego Mogale, polisiewoordvoerder in Mpumalanga, gesê.
Nog ’n verdagte wat nog in die hof moet verskyn, is op Vrydag, 18 Mei 2023, in Evander in hegtenis geneem.
“Nog arrestasies kan nie uitgesluit word nie.”
Die verdagtes sal na verwagting Maandag 22 Mei 2023 in die Piet Retief-landdroshof verskyn.