’n 37-jarige man het vandag in die Ntuzuma-landdroshof in KwaZulu-Natal op sewe aanklagte van verkragting verskyn, nadat hy na bewering oor ‘n tydperk van 7 maande minderjarige seuns verkrag het.
“Die man, ’n sokkerafrigter, het na bewering die minderjarige kinders (seuns) tussen November 2022 en Mei 2023 verkrag,” het Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, in ’n verklaring gesê.
“Hy het daarna sy aansoek om borgtog laat vaar en die aangeleentheid is tot 26 Junie 2023 uitgestel vir verdere ondersoek. Hy word op sewe aanklagte van verkragting aangekla,” het Ramkisson-Kara gesê.
Die vermeende verkragter is aanvanklik aangekla in verband met die verkragting van drie seuns van tussen 11 en 15 jaar oud. Nog klagtes kan bygevoeg word, nadat ‘n vierde slagoffer na vore gekom het.
Woedende gemeenskapslede het ‘n beroep gedoen vir nog slagoffers om na vore te kom.
Hy is laasweek in hegtenis geneem, waar hy sokker afgerig het.