Die Amerikaanse geheime diens het in ‘n verklaring gesê dit het die bestuurder van ’n gehuurde vragmotor wat Maandagaand naby die Withuis teen veiligheidsversperrings vasgery het, in hegtenis geneem.
Die 19-jarige verdagte is aangekla van roekelose bestuur, aanranding met ’n gevaarlike wapen, ’n dreigement om ’n president, vise-president of familielid dood te maak, te ontvoer of skade aan te doen, asook vernietiging van federale eiendom en betreding, het die Amerikaanse Park-polisie in ’n verklaring gesê.
Die bestuurder, die 19-jarige Sai Varshith Kandula, het na bewering dreigende verklarings gemaak wat op president Joe Biden en vise-president Kamala Harris gerig is.
’n Reuters-fotograaf het gesê ondersoekers het ’n Nazi-vlag gevind wat blykbaar van binne die vragmotor gekom het, wat teen versperrings by Lafayette-plein, aangrensend aan die Withuis-gronde, vasgery het.
’n Geheime Diensbeampte het gesê daar was geen beserings nie en aanvanklike ondersoeke dui daarop dat die ongeluk moontlik doelbewus was.