Die Bloemfonteinse landdroshof het een van die drie mans wat aangekla word van ’n rasseaanval op twee tienerseuns verlede Kersfees by die Maselspoort-oord naby Bloemfontein gevonnis. Stephanus van der Westhuizen het skuld beken op die aanranding van een van die twee tienerseuns.
Phaladi Shuping, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) in die Vrystaat, sê Stephanus van der Westhuizen (47) het Maandag skuld beken op ’n aanklag van gewone aanranding en is tot ’n boete van R4 000 of 12 maande tronkstraf gevonnis.
Phaladi sê Van der Westhuizen het die kinders en hul pa om verskoning gevra.
Die saak teen Jakobus Klaasen en Johan Nel is tot 3 Julie 2023 vir verdere konsultasie uitgestel.