Scebi Thabiso Nene (35), wat daarvan beskuldig word dat hy pornografiese beelde met oorgetrekte gesigte van die president en minister van polisie versprei het, het in die Pretoria-landdroshof sy eerste hofverskyning gemaak.
Hy staan tereg op aanklagte van twee aanklagte van crimen injuria, dit is nadat hy die pornografiese beelde met oorgetrekte gesigte van die president van Suid-Afrika, Cyril Ramaphosa, die minister van polisie, Bheki Cele, en sy vrou aan ’n klaer gestuur het wat die saak aangemeld het.
Ná ondersoeke deur die Valke is Nene op 21 Mei 2023 in hegtenis geneem en in aanhouding.
Die saak is na die Pietermaritzburg-landdroshof oorgeplaas vir sy volgende verskyning op 30 Mei 2023.