Die polisie in Hlogotlou het ’n Mosambiekse egpaar, insluitend ’n 31-jarige vrou en 35-jarige man, in hegtenis geneem ná die dood van ’n 8-jarige meisie by die Mogaung-dorpie in die Sekhukhune-distrik op Woensdag 24 Mei 2023.
“Volgens polisie-inligting wat in hierdie stadium beskikbaar is, word beweer dat die oorledene by haar stiefma en haar biologiese pa in ’n gewelddadige situasie gebly het,” het kolonel Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder in Limpopo, gesê.
Daar word berig dat die gemeenskapslede in die omgewing van die egpaar se huishouding bewus geword het en die situasie waarin die slagoffer leef waardeur sy fisies deur haar ouers mishandel is.
“Daar word berig dat ’n barmhartige Samaritaan op Woensdag 24 Mei 2023 die familie genader het na aanleiding van die vermoedens van ’n ernstige voorval waarin die slagoffer betrokke was en deur middel van intelligensie wat ingesamel is, is bevind dat die slagoffer ernstig beseer is nadat sy fisies aangerand is,” het kolonel Ledwaba gesê.
Na bewering het lede van die gemeenskap mediese hulp ingewin waardeur die slagoffer per ambulans na die naaste hospitaal gehaas is waar sy aan haar beserings beswyk het.
Die polisie ondersoek ’n saak van moord met twee aanklagte van die oortreding van immigrasiewet teen die egpaar.
Die verdagtes moet op Vrydag 26 Mei 2023 voor die Nebo-landdroshof verskyn.