Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, het Donderdag aangekondig dat die rentekoers met 50 basispunte tot 8.25% styg. Dit tree met onmiddellike effek in werking. Dit volg nadat die rentekoers in Maart ook met 50 basispunte verhoog is.
Die prima rentekoers van banke word nou 11,75%.
Die rede vir die styging in rentekoerse sluit skerp stygings in kospryse, brandstofverhogings, die swak rand en beurtkrag in.
Die sentrale bank het nou rentekoerse met 475 basispunte verhoog sedert November 2021. Die Reserwebank het sedert November 2021 rentekoerse 10 opeenvolgende kere verhoog.
Al 5 lede van die monetêrebeleidskomitee het almal eenparig ten gunste van die verhoging gestem.