Die rand het Donderdagmiddag 'n nuwe rekordlaagtepunt bereik, nadat die repokoersverhoging van 50 basispunte tot 8,25% aangekondig en geïmplementeer is.
Teen Donderdagaand het die plaaslike geldeenheid nog verder verswak en verhandel teen R19,7854 teenoor die dollar.
Die rand het ook verhandel teen R24,3754 teenoor die pond.
Die rand het ook verhandel teen R21,2603 teenoor die euro.
Dit is sy swakste vlak ooit.