In die tweede episode van AfriNUUS se nuwe nuusprogram, In Gesprek Met AfriNUUS, fokus ons op die politieke party, die Vryheidsfront Plus, wat volgende jaar met die nasionale verkiesing sy 40ste bestaansjaar vier.
In die episode van In Gesprek met AfriNUUS gesels ons met dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, oor talle kwessies rakende koalisieregerings, die 2024-nasionale verkiesing en meer.
Dié party is deel van die top vyf politieke partye in die land, wat stemme betref. Hein Boshoff, redakteur van AfriNUUS, gesels met dr. Pieter Groenewald uit sy kantoor in Kaapstad oor die uitdagings wat koalisieregerings regoor die land met munisipaliteite in die gesig staar, hoekom die ander partye besluit het om by die DA se “Moonshot-pakt” aan te sluit, die oplossings wat die party bied vir beurtkrag, misdaad, werkloosheid en talle struikelblokke wat die land tans in die gesig staar.
Ons fokus verder ook op president Wladimir Poetin van Rusland wat Suid-Afrika in Augustus vir die Brics-beraad besoek, die gevolge daarvan, asook die Internasionale Strafhof (ICC) wat ’n arrestasiebevel vir sy inhegtenisneming uitgereik het.
Vind uit meer in die jongste episode van In Gesprek Met AfriNUUS:
- AfriNUUS gesels ook in die derde episode ekslusief met John Steenhuisen, DA-leier, wat die amptelike opposisieparty van die land is. Dié episode word later die maand uitgesaai.
Beeldmateriaal deur Robert Cable.