Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het vanaf 1 Junie 2023 ’n aksynsbelasting van R2,90 per milliliter op damprookprodukte (vaping) ingestel, wat beteken dat damprokers moontlike na onwettige markte sal wend in ‘n poging om dié belastingkoers te ontduik.
’n Belasting van R290 word gehef op ’n 100 milliliter damprookbottel, wat sowat R200 kos, en die prys tot R490 verhoog as al die belasting aan verbruikers deurgegee word.
Vir weggooibare produkte, soos Airscream Airpops, is belasting van R2,90 per milliliter, wat sowat 8% is, van toepassing.
Business Tech berig verder dat ’n bottel van 30ml hoogs verslawende nikotien damptoestelle, gewoonlik teen ’n 2% tot 5% sterkte, wat sowat 15 dae hou, ’n belasting van R87 plus BTW bo en behalwe huidige pryse van die sowat R180 per bottel ingestel word. Dit bring die nuwe prys na R280 per bottel.
Luidens die jongste wetgewing kan tronkstraf wissel tussen 3 maande vir rook waar jy nie mag nie, tot 20 jaar vir die verkoop van tabakprodukte aan kinders.
Lees meer:
Vaping-Tobacco-Products-Letter-to-External-Stakeholders-v20230403 Legal-LSec-CE-RA-2023-05-R3473-GG-48669-RA-ss-19A-and-120-Vaping-excise-licensing-amendment-of-rule-19A101-DAR-246-29-May-2023