Die Koeberg-kernkragstasie in Kaapstad, Wes-Kaap.
(Foto bron: Getty Images)
Nadat hy Koeberg-kernkragstasie oor die naweek besoek het, het Kgosientsho Ramokgopa, die Minister van Elektrisiteit, gesê hy is “bekommerd en ook uiters ontsteld’” oor vertragings om die kragsentrale se Eenheid 1 weer aanlyn te kry.
Selfs na sy besoek is hy “niks wyser” oor wanneer die eenheid weer aanlyn gaan wees nie, het Ramokgopa gesê. Ramokgopa het Sondag tydens ‘n pers-inligtingsessie gesê hy “verhef” die saak na die Eskom-direksie aangesien hy “uiters bekommerd is oor die situasie by Koeberg” en hy ook baie ontsteld bly. Selfs nadat hy ’n “uitgebreide aanbieding” van die aanleg se projekspan ontvang het, het hy nie ’n duidelike prentjie van die situasie gehad nie.
Hy het ook gewaarsku daar is ‘n “werklike gevaar” van ‘n oorvleueling tussen die vertraagde terugkeer van eenheid 1 en die “uitneem van eenheid 2” vir opknapping. “As dit sou gebeur, gaan ons ‘n totaal van 1 840 MW verloor – twee eenhede wat gelyktydig daar uitgegaan het. Dit is iets wat ons probeer afweer het tot dusver.”
Die vertragings in die opknapping van Koeberg, Suid-Afrika se enigste kernkragaanleg, het kommer laat ontstaan dat die land se hoër stadiums van beurtkrag tot diep in 2024 sal voortduur