Die voormalige Bosasa-bedryfshoof, Angelo Agrizzi.
(Foto bron: Gallo Images)
Die Pretoria hooggeregshof het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SARS) se aansoek om buitelandse bates wat deur Angelo Agrizzi in Italië gehou word, te repatrieer, van die hand gewys. Agrizzi is die voormalige Bosasa-bedryfshoof.
Regter Annali Basson het Maandag die uitspraak elektronies gelewer wat aan die partye en hul regsverteenwoordigers gesirkuleer is. SARS het aansoek gedoen om ‘n bevel wat Agrizzi verplig om al sy bates buite Suid-Afrika te repatrieer om sy uitstaande belastingskuld te betaal.
SARS het bewus geword van bewerings van ‘n groot bedrogskema, geldwassery, rampokkery en belastingontduiking waarby Agrizzi se voormalige werkgewer, African Global Group of Companies voorheen bekend as Bosasa, betrokke was as gevolg van bewyse wat by die Zondo-kommissie van ondersoek gelewer is.
Agrizzi se bates word geraam om R15 miljoen werd te wees.