Meer as 20 vragmotors is in Mpumalanga, KwaZulu-Natal en Limpopo afgebrand.
(Foto bron: SABC Nuus)
Die borgtogaansoek van die vyf mans wat daarvan beskuldig word dat hulle vragmotors in Mpumalanga aan die brand gesteek het, is weer deur die Ermelo-landdroshof in Mpumalanga uitgestel.
Nelson Shongwe, Sibusiso Mthethwa, Fundile Mpondo, Mafika Sibande en Nkosingiphile Gumede is ‘n paar weke gelede in hegtenis geneem. Hulle staan tereg op aanklagte van roof, opsetlike saakbeskadiging en poging tot moord.
Veiligheid is opgeskerp binne die hofsaal en buite die perseel van die Ermelo-landdroshof voor die vyf beskuldigdes se verskyning.
Die polisie het ook die aangrensende straat met doringdraad afgesper. Die vyf beskuldigdes se verskyning was kort, nadat hul regsverteenwoordigers uitstel versoek het. Hulle sê hulle het meer tyd nodig om vir borgtogaansoek voor te berei. Een van die prokureurs, Senzo Mabaso, sê sy kliënte wil onskuldig te pleit.