Die Departement van Vervoer gaan slaggate strenger monitor.
(Foto bron: Stock image)
Die Departement van Vervoer het ’n veldtog begin om die probleem van slaggate te hanteer. Die Suid-Afrikaanse Padagentskap (Sanral) sal die Operasie Vala Zonke War Room lei. Minister van Vervoer, Sindisiwe Chikunga sê die oorlogskamer sal slaggatherstelwerk regoor die land monitor en bestuur.
“Dit gaan deur 30 mense gelei word, twee per provinsie en ‘n toesighouer. Dit gaan ook baie tegnologie gebruik om te verseker dat ons presies weet wat op ons paaie gebeur en hoe ons die slaggate kan herstel of lap,” voeg die minister by.
“Dit het ten doel om net vir ons ’n prentjie te gee van wat op al ons padnetwerke in die land gebeur: nasionale, provinsiale, metro- en distriksmunisipaliteit. Sodat ons weet wat die toestand van elke pad is en of daar iets is wat aan die gebeur is. Ander [nog] een is die gebruik van nanotegnologie,” verduidelik Chikunga.