Lizzo word gedagvaar deur voormalige dansers.
(Foto bron: Getty Images)
Drie voormalige dansers vir die Grammy-bekroonde sangeres Lizzo het haar daarvan beskuldig dat sy 'n vyandige werksomgewing geskep het. Die dagvaarding is Dinsdag vrygestel.
Die klagtes wat deur die eisers Arianna Davis, Crystal Williams en Noelle Rodriguez ingedien is, sluit in aanklagte van teistering op grond van seks, godsdiens, ras en gestremdheid. In die regsgeding het die dansers beweer dat hulle gedwing is om naakte kunstenaars aan te raak by ’n Amsterdamse ontkleeklub.
Die sanger word ook daarvan beskuldig dat sy 'n danser forseer het om aan 'n kunstenaar se borste te raak en ook gereeld “fat shaming” teen hulle gebruik het. Boonop word beweer dat die dansspan se kaptein, Shirlene Quigley, haar Christelike oortuigings op kunstenaars afgeforseer het en diegene wat al voorheen voorhuwelikse seks gehad het, uitgelag het. Sy word ook daarvan beskuldig dat sy openlik een van die oud-dansers se maagdelikheid bespreek het, en daaroor op sosiale media gepraat het.
Lizzo en ander wat beskuldig word, is vir kommentaar genader. Die sanger het nog nie in die openbaar gereageer op die bewerings wat in die saak gemaak is nie.