Die regering het ongeveer R51 miljoen betaal aan staatsamptenare wat op siekverlof of skorsings is.
(Foto bron: Stock image)
Die Suid-Afrikaanse regering het nagenoeg R51 miljoen bestee aan die betaling van duisende staatsamptenare wat tuis sit, hetsy met skorsing of siekverlof.
Dit het die Departement van Staatsdiens en Administrasie genoop het om in vennootskap met die Staatsdienskommissie ‘n ondersoek te begin om die gerapporteerde tendense oor siekteverlofgebruik en moontlike misbruik in die staatsdiens.
Die Departement se Minister, Noxolo Kiviet, het gesê daar was 1 768 gevalle van wangedrag wat op 31 Maart by die Nasionale Departement aangemeld is.
Kiviet het gesê dat, van hierdie sake, die verskeie Departemente daarin geslaag het om 737 te finaliseer en 1 033 sake is nog hangende (58%). “Die totale koste van voorkomende skorsings vir nasionale departemente in Q4 was R50 852 541, met 325 werknemers wat op voorkomende skorsing geplaas is, 105 sake is afgehandel (32%), en 219 sake hangende (67%),” het Kiviet gesê.
Die ondersoek sal die omvang van langtermyn-siekverlofgebruik in die staatsdiens oor die afgelope vyf tot 10 jaar ondersoek om vas te stel of die korrekte prosedures gebruik is.