Foto Bron: Pexels
’n Administratiewe klerk van die Oos-Kaap is tronkstraf opgelê vir diefstal van haar werkgewer.
Nadia Basson (39) is in die Gqeberha Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof skuldig bevind en gevonnis.
Die provinsiale woordvoerder van die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek (bekend as die Valke), kaptein Yolisa Mgolodela, het gesê Basson het van 1 Januarie 2020 tot 31 Julie 2020 by haar werkgewer, Dagbreek Eiers in Swartenbosch, Humansdorp, gesteel.
“Basson het in haar hoedanigheid as administratiewe klerk fondse wanbestee deurdat betalings van kliënte wat deur vragmotorbestuurders ingevorder en aan haar oorbetaal is, nie in die besigheidsbankrekening inbetaal is nie.
“Die ondersoeke deur die Gqeberha-gebaseerde Ernstige Kommersiële Misdaad Ondersoekspan van die Valke het aan die lig gebring dat die besigheid kontant ter waarde van meer as R207 000 benadeel is en sy is dus op 14 Februarie 2022 gearresteer, waar sy op waarskuwing vrygelaat is ” het Mgolodela gesê.