Foto Bron: Photo/Alastair Grant
Zizi Kodwa, minister van sport, kuns en kultuur, het die driemalige wêreldkampioene, die Springbokke, sterkte toegewens met hul deelname aan die 2023 Rugbywêreldbeker.
“Ek wil namens alle Suid-Afrikaners die Bokke alle sterkte toewens in die Wêreldbeker-toernooi. Doen jou bes en maak ons trots. Bring dit terug Bokke!” Kodwa gesê.
Die Rugbywêreldbeker 2023 begin Vrydag, met die Springbokke wat Sondag hul eerste wedstryd teen Skotland speel. Die Wêreldbeker-wedstryde duur van Vrydag 8 September tot Saterdag 28 Oktober.
“Die Springbokke verteenwoordig die beste van Suid-Afrika. Hulle inspireer nasionale eenheid, en bevorder sosiale kohesie en nasionale identiteit. Dit is vasgevang deur president Nelson Mandela tydens die 1995 Rugby Wêreldbeker, waar die Springbokke ‘n sleutelbestanddeel tot sy boodskap van nasionale eenheid was.
“Die huidige Springbokke verteenwoordig hierdie land se diversiteit en verteenwoordig Suid-Afrikaanse uitnemendheid met hul vertonings,” het die Minister gesê.
Hy het dié opmerkings Vrydag tydens ‘n media-inligtingsessie in Pretoria gemaak.
SuperSport het vroeër vandeesweek aangekondig dat daar nie ‘n ooreenkoms met die SAUK bereik word oor die uitsaairegte vir die toernooi nie.
“Hierdie week het begin met groot kommer dat die grootste deel van die land nie die 2023 Rugby Wêreldbeker op SAUK-kanale sou kon kyk nie. Dit het gevolg op ‘n impasse in onderhandelinge tussen SAUK en MultiChoice oor uitsaairegte vir die 2023 Rugby Wêreldbeker.
“Ek het Maandag ‘n gesprek met die Minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie gehad, en met senior bestuurders van die SAUK vergader en die openbare uitsaaier versoek om ‘n oplossing vir hierdie dooiepunt met MultiChoice te vind.
“Ek het dit duidelik gemaak dat my belangstelling in hierdie saak is dat alle Suid-Afrikaners toegang tot sport van nasionale belang het. Ek het ook duidelik gemaak dat dit nodig is om ‘n permanente oplossing vir hierdie saak te vind, aangesien dit verder gaan as rugby. Alle Suid-Afrikaners moet kan kyk hoe ons sportspanne op internasionale platforms presteer,” het die minister gesê.
MultiChoice en die SAUK het Donderdag ’n ooreenkoms oor die aangeleentheid bereik.
“Gister se verwikkelinge, waar MultiChoice ingestem het om uitsaairegte aan die SAUK te sublisensieer vir die 2023 Rugby Wêreldbeker, beteken dat miljoene Suid-Afrikaners na hierdie wêreldwye pronkstuk sal kan kyk, en om te sien hoe die Springbokke voortgaan om hul wêreldtitel te verdedig.
“Ek herhaal my oproep dat ‘n permanente oplossing gevind moet word, aangesien ons onsself nie in hierdie situasie kan bevind voor groot sportbyeenkomste nie,” het Kodwa gesê.