Foto Bron: SAPS
Majiet en Cummings, wat na bewering prominente lede van die Moslem-gemeenskap is, is Woensdag met skietwonde in die kop in 'n motor gevind.
Die polisie het gesê die skietvoorval het omstreeks 15:00 op die hoek van Green Turf- en Lowdown Walk-paaie plaasgevind.
Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, het gesê: “Philippi-polisie is na die misdaadtoneel ontbied waar hulle die slagoffers met skietwonde aan hul koppe gevind het.
“Albei slagoffers is deur mediese personeel op die toneel dood verklaar.
“Die motief vir die aanval moet nog vasgestel word. Die Philippi-polisie ondersoek twee aanklagte van moord en die onbekende verdagte/s het van die toneel gevlug en moet nog in hegtenis geneem word.”
Openbare betrekkingebeampte van die Philippi-gemeenskapspolisiëringsforum, Kashiefa Mohammed, het gesê die moorde het inwoners verpletter.
“Die inwoners is hartseer. Ek het persoonlik nie die jong mans geken nie, maar ek ken die pa van een van hulle, hy was 'n Imam, hy is 'n baie godsdienstige persoon wat baie betrokke is in die gemeenskap. Die jong
mans is ook beskryf as opregte burgers wat lief was vir hul gesinne, wat dit 'n groot verlies maak,” het sy gesê.