Foto Bron: Fadel Senna/AFP via Getty Images
Adjunkpresident Paul Mashatile het namens president Cyril Ramaphosa, sowel as die regering en mense van Suid-Afrika, by die internasionale gemeenskap aangesluit om meegevoel met die Koninkryk van Marokko uit te spreek ná die verwoestende aardbewing wat die land getref het.
Volgens mediaberigte het Vrydag se aardbewing die lewens van meer as 2000 mense geëis terwyl sowat 2000 beserings opgedoen het.
Die Adjunkpresident het Saterdag in ‘n verklaring gesê die gedagtes van die mense van Suid-Afrika is by die families wat hul geliefdes in hierdie tragedie verloor het.
Die Adjunkpresident wens ook alle oorlewendes ‘n spoedige herstel toe.
“Ons is diep hartseer oor die skokkende lewensverlies en betuig ons innige simpatie met die mense van Marokko, en wens alle oorlewendes sterkte en ‘n spoedige herstel toe,” het hy gesê.
Adjunkpresident Mashatile het die pogings van die noodreaksie-instellings in die land geloof en het volle vertroue dat die Koninkryk van Marokko sal verenig in hul reaksie en selfs sterker na vore kom na die ramp.