Toyota Hilux eienaars moet hulle gereed maak vir ‘n heerlike familie fees die naweek van 13 tot 15 Oktober by Sondela Nature Reserve & Spa, net buite Bela Bela.
Trio Events bied al geruime tyd die baie suksesvolle Hankook Land Cruiser Fees aan en het besluit om iets soortgelyk aan te bied vir Toyota Hilux eienaars, en waar beter as by die prag oord, Sondela Nature Reserve & Spa.

Daar gaan gepoog word om soveel as moontlik Hilux voertuie bymekaar te kry en sodoende ‘n nuwe rekord op te stel. Die geleentheid sal ‘n jaarlikse instelling raak.
Dit gaan ‘n volgepakte geleentheid wees met buitelewe produk uitstallers, kunstenaars wat gaan optree, Sondela se eie aktiwiteite, kindervermaak, kroeg en biertuin, verskeie kosverskaffers en ‘n kunsmark vir die dames. LA Sport Pretoria bied ‘n area aan waar daar ongelooflike aktiwiteite gaan plaas vind waaraan Hilux eienaars kan deelneem en met mekaar kompeteer, soos onder andere Hilux ‘gravel drag’ renne, moddergate, ‘hill climb’ en ‘cross axle’ uitdagings. Bring gerus julle Hilux voertuie en kyk waarnatoe dit instaat is!
Om deel te wees van hierdie ongelooflike geleentheid registreer asb julle Hilux voertuie by www.ekspo.co.za of kontak vir Tersia by accounts@ekspo.co.za of 072 487 000 gedurende kantoor ure. Registrasie koste beloop slegs R250 per voertuig met ‘n maksimum van 4 persone. Daar is ook baie basiese kampering beskikbaar vir deelnemers (geen krag maar wel ablusiegeriewe) teen R850 vir die naweek, wat die Hilux voertuig registrasie dan insluit – ook maks 4 persone. Laat registrasies sal ook op die dag by die hekke toegelaat word maar ons versoek dat soveel as moontlik aanlyn registrasies gedoen word.
Dagbesoekers wat nie Hilux voertuie besit nie, is ook meer as welkom om net te kom kyk en deel te wees van al die pret en plesier teen slegs R60pp.
Sondela bied natuurlik ook hulle puik akkommodasie en kampering aan en besprekings hiervoor kan direk by Sondela gemaak word – info@sondela.com of skakel hulle by 014 736 8800
Ons sien uit daarna om soveel as moontlik Hilux voertuie op terrein te vewelkom!