Foto Bron: Citius Mag
Die wêreldbekende 800 m-atleet en tweemalige Olimpiese gouemedaljewenner Caster Semenya bring vandeesweek haar nuut bekendgestelde boek, The Race To Be Myself, na die Universiteit Stellenbosch. Dit sal die eerste van ‘n aantal boekbesprekings regoor die land wees.
Nadat sy die toppunt van sukses as ‘n Olimpiese atleet bereik het, het Caster ‘n terugslag in die gesig gestaar toe sy gevra is om hormoonveranderende middels te neem om weer te kan meeding. Dit het gelei tot ʼn wêreldwye gesprek oor geslag en hoe geslag in sport afspeel.
The Race to Be Myself vertel die verhaal van ‘n ikoniese atleet – van Caster se dramatiese reis van ‘n begaafde en “selfbestuurde“ beginner tot die toppunt van haar sport – en neem lesers tot agter die skerms van haar inspirerende stryd om te hardloop in die “liggaam wat God my gegee het”.
Besonderhede:
Datum: 22 November 2023
Tyd: 12:30 tot 14:00
Plek: Universiteit Stellenbosch Museum, Ryneveldstraat, Stellenbosch (‘n regstreekse stromingsdiens is hier beskikbaar.)