Met die Feesseisoen op ons drumpel, skets die jongste opname-insigte deur Skuldhulp se sustersmaatskappy Debt Rescue ‘n donker prentjie, wat ‘n beduidende verskuiwing in verbruikersbestedingsgedrag toon namate Suid-Afrikaners worstel met die stygende lewenskoste en duur skuld, grootliks as gevolg van ‘n repokoers wat op sy hoogste vlak in meer as ‘n dekade is, in November 2023.
Die opname, wat die feesbestedingsgewoontes van meer as ‘n duisend individue, hoofsaaklik tussen die ouderdomme van 25 en 45, ondersoek het, verskaf ‘n diepgaande ontleding van die huidige verbruikersbestedingspatrone, met die fokus op die feesseisoen se uitgawes aan die hand van die land se ekonomiese druk .
‘n Ontstellende insig uit die opname is dat mense noodsaaklike uitgawes bo diskresionêre besteding sal prioritiseer, en skerp sal besnoei op luukse items soos vermaak (23%), versierings (20%), geskenke (22%), reis (19%), en heerlike eet- en drinkgoed (15%), – die einste bestanddele wat tradisioneel bydra tot die feesgevoel.
“Die realiteit is dat die viering van die feesseisoen vanjaar vir miljoene gesinne eenvoudig beteken om te verseker dat hulle genoeg het om ‘n voedingsmaaltyd op die tafel te sit, eerder as om die spesiale seisoenale geleenthede soos Kersfees en Nuwejaar te vier,” sê Frans Cloete, Hoof Uitvoerende Beampte van Skuldhulp.
Casey Delport, ‘n beleggingsontleder by Anchor Capital stem saam en sê dat “hoewel SA se inflasie in November afgekoel het, ongelukkig vir die gemiddelde Suid-Afrikaner, verbruikerspryse vir voedsel en nie-alkoholiese drank tot 9% versnel het – die hoogste vlak in vier maande. .”
’n Beduidende neiging wat deurkom, is die vermindering in feestelike besteding, met 81% van die respondente van die opname wat beplan om minder te bestee in vergelyking met vorige jare. Slegs ‘n minderheid (4%) beoog om meer te bestee. Wat die finansiering van feestelike uitgawes betref, verkies ‘n aansienlike meerderheid (71%) om kontant te gebruik, wat ‘n versigtige benadering voorstel om skuld te vermy. “Dit is veral relevant in ‘n hoë repokoers-omgewing waar skuld duurder word, en hierdie gedrag weerspieël ‘n verskuiwing na verhoogde finansiële versigtigheid, en is ‘n aanduiding van die breër ekonomiese uitdagings wat Suid-Afrikaners in die gesig staar,” verduidelik Cloete.
Die huidige koste van brandstof teen R23,25 vir 95 loodvrye per liter, het die reisplanne van 78% van die opnames beïnvloed, met ‘n yslike 62% wat enige planne om oor die vakansie te reis opsy gesit het, terwyl 33% provinsiaal sal reis om familie te besoek.
Cloete sê “Een van die sleuteldoelwitte van die feestyd is om dit te deel met diegene vir wie jy lief is. Dit is hartverskeurend dat miljoene gesinne vanjaar nie meer hul eenkeer-per-jaar-reis sal kan bekostig om tyd saam met hul gesinne en goeie vriende deur te bring nie.”
Hy sê dat Suid-Afrikaners byna seker nog swaarder op hul krediet- en winkelkaarte sal steun om op een of ander manier fees te kan vier.
“My raad aan diegene wat hulself in ‘n skuldstrik bevind, is om hulp te soek by ‘n geregistreerde skuldberader wat hulle kan bystaan om hul finansiële verknorsing te bestuur. Wanneer jy finansieel in ‘n beter posisie is, vereffen jou skuld gouer deur meer aan jou skuld te betaal en verlaat die skuldberadingsproses (debt review) vinniger. Dit is ‘n baie suksesvolle oplossing vir duisende verbruikers wat oorbelas is.,” sluit Cloete af.