Inwoners van Gauteng word aangespoor om vir baie warm temperature gereed te maak.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWS) het ‘n hittegolf waarskuwing uitgereik vir die provinsie, asook Limpopo en Mpumalanga.
Die kwik word verwag om die hoog dertigs te bereik in sommige gebiede.
Voorspeller Puseletso Mofokeng het gesê dat die warm toestande tot Vrydag aanhou.