‘n 62-jarige man van Boikhutso Dorp in Lichtenburg, Noordwes, soek geregtigheid na ‘n onlangse leeu-aanval wat plaagevind het terwyl hy gewerk het by ‘n wildreservaat naby Zeerust.
Piet Monatle vertel hoe hy en sy kollegas leeus van ‘n sleepwa af aflaai toe die leeu hom aangeval het. Na bewering het Monatle se werkgewer hom in die steek gelaat tydens die aanval en hom later opdrag gegee om dokters om die oorsaak van sy beserings te mislei, deur te beweer dat dit van ‘n hondaanval was.
Die voorval het plaasgevind tydens die vervoer van verdoofde leeus van Nietverdiend na Ottoshoop, waar die leeus begin wakker word. Monatle is toe opdrag gegee om die leeu te hanteer, wat gelei het tot die aanval. Hy eis nou geregtigheid en ‘n vergoeding van R3 miljoen van sy werkgewer om hom te help oorleef, gegewe sy ouderdom en onvermoë om weer te werk.