Foto bron: Verskaf
Die Wes-Kaapse Departement van Landbou het drie vermoedelike gevalle van hondsdolheid by Kaapse pelsrobbe in Blouberg, Strand en Muizenberg gerapporteer.
Provinsiale Veeartsediens en die Departement van Visserye en Kusbestuur is besig om deur aanvullende monsters en toetse die oorsprong en omvang van die uitbraak te bepaal. Die departement het ‘n beroep op die publiek gedoen om alle kontak met robbe of enige wildlewe te vermy as gevolg van die risiko van hondsdolheidsoordrag deur lek, krap, byt, of speekselaanraking met gebreekte vel.